Skoolvakansie bring tonne opwinding by Hartenbos Seefront

Opwinding hang in die lug soos die Desembervakansie naderkruip, maar vir sommige gelukkiges is daar nou so ’n kort ruskansie wat voorlê voor die laaste kwartaal.

Hartenbos Seefront sal nie hierdie skoolvakansie teleur stel nie. Daar is ’n hele verskeidenheid geleenthede waarna jy kan uitsien.

Hier kan jy al jou inkopies doen, swemklere, someruitrustings en ook geskenke koop. Hier is ’n groot verskeidenheid heerlike eetplekke en stalletjies met peuselhappies wat honger mae sal bevredig. Daar is ook salonne vir diegene wat dit nodig het, want elkeen verdien om bietjie gepamperlang te word!

Na-Donker se amptelik opening saam met die gewilde Robbie Wessels vind op 5 Oktober plaas waar ons lekker gaan kos, klank en kuier in Afrikaans! Jan Bloukaas kom kuier op Saterdag, 29 September by Na-Donker by die Hartenbos Seefront. Die tyd is min, so as jy nog nie kaartjies het nie, kry dit so gou as moontlik om teleurstelling te voorkom. Kaartjies kan gekoop word by Na-Donker self of skakel 044 601 7200.

Na-Donker hou ook elke Maandag vasvra-aande met ’n ander tema elke week. Die groepe wat deurdring na die finaal op 18 Oktober sal die kans hê om dit aan te pak saam met die gewilde Katinka van Survivor SA!

Ons Kuns Ekspo begin amptelik op 29 September by die Walvissaal op Hartenbos en is daagliks oop van 09:00 tot 19:00. Toegang is gratis en daar sal ’n groot verskeidenheid beleggingskunswerke en vele meer wees – iets vir elke smaak! Bring jou vriende en familie wat kunsliefhebbers is en kom maak ’n draai. Jy weet nooit watter pragstuk jou sal bekoor nie.

Hartenbos Seefront het elke Sondag (behalwe Desember en April) van 09:00 tot 15:00 ’n voertuigmark, waar jy jou voertuig kan kom parkeer en dan privaat koop of verkoop! Dit kan enige voertuig wees, waaronder motorfietse en sleepwaens. Hierdie gaan beslis ’n opwindende manier wees vir die voertuigliefhebbers om hul week mee af te sluit. Ons hoop om julle daar te sien met julle voertuie!

Bloeddienste sal op 22 Oktober, 26 November en 24 Desember by ons sentrum wees, so kom skenk gerus bloed een keer ’n maand. Wat ’n beter daad as om lewens te red? Met ’n enkele skenking kan jy tot drie lewens red!

Hou ook ons sosiale media dop vir al die lekker resepte en inspirerende aanhalings wat ons weekliks deel.

Ons sien uit om jou hier te hê om hierdie kort vakansie saam met ons te geniet. Dis sonder twyfel die beste plek om te wees vir oud en jonk!

Vir navrae en inligting, besoek http://hartenbos-seefront.co.za.