Hartenbos Seefront – perfekte vermaak vir groot en klein

Geleë in een van ons land se mooiste areas, kan besoekers nie genoeg kry van die groot verskeidenheid winkeltjies en eetplekke by Hartenbos Seefront nie.

Die sentrum het ’n rustige atmosfeer, perfek vir die vakansie-gevoel! Boonop gaan jy nêrens ’n sentrum kry met só ’n skouspelagtige uitsig nie.

Daar is iets vir elke familielid se genot. Vir die jongklomp is daar ’n prentjiemooi pretpark wat lyk soos iets uit ’n tydskrif – met alles van waterwurms, ’n putt-putt-baan, tot ’n massiewe speelarea. In dié area is daar ook tientalle sonstoele waar jy in die son kan lê, terwyl jy steeds ’n ogie kan hou oor die kinders wat heerlik baljaar. Vir die winterdae- en aande is daar ’n lieflike verhitte swembad om die koue te verdryf. As die vroue klaar deur die winkeltjies gewandel het, kan hulle boonop heerlik gaan ontspan in een van die salonne vir ’n strelende voet-nael- of hare-bederf, terwyl pappa ’n yskoue bier geniet by Pizza ē Vino, Ocean Basket of Spur, almal met ’n asemrowende see-uitsigte.

Daar is verskeie klein eetplekke met ’n groot verskeidenheid kos, van pizza-horinkies tot vars vis en skyfies, asook peuselhappies soos biltong en héérlike Zoooti-roomys. As die skuldgevoel begin knaag, kan jy indraf by Wellness World-gimnasium, geleë in die sentrum, om van ’n paar kalorieë ontslae te raak.

Daar is ook ’n konferensiekamer wat oor die see uitkyk, wat dit ’n unieke atmosfeer gee – perfek om kreatiewe denke te stimuleer. Hartenbos Seefront is ook die trotse tuiste vir die SFM 90.1-ateljee, wat vir ure se vermaak sorg met lekker musiek, internasionale brokkies asook taaltoffies, breinknopers en vele meer.

So bring jou familie en vriende en kom geniet ons eindelose geriewe na elkeen se smaak, van jong kinders tot dié nog jonk van gees.

Vir navrae en meer inligting, besoek gerus http://hartenbos-seefront.co.za.