MeTime Gastehuis bied selfsorg akkomodasie in die hartjie van Hartenbos. Dis ideaal geleë binne stapafstand vanaf die strand. Dit is die perfekte basis vir ‘n heerlike vakansie en te danke aan die matige klimaat bied dit ‘n wonderlike gesinsvakansiebestemming regdeur die jaar.
MeTime bied 2 dubbelslaapkamers, een met n keuse van n Koning grootte bed of 2 enkel beddens en 3 Familie kamers elk met n dubbel en stapel bed. Elke kamer het en-suite badkamer geriewe. Daar is ook ‘n ten volle toegeruste oopplan kombuis en toegang tot wasgeriewe. Die tuin bied 2 braai-areas met genoeg sitplek wat jou sal noop om die warm aande aan die kus met ‘n vleisie op die kole deur te bring. Daar is genoeg veilige parkering vir geregistreerde gaste asook n CCTV en Eksterne Sekuriteits sisteem.
Hartenbos is die perfekte plek vir ‘n tradisionele gesinsvakansie/-naweek. Hier is dit ‘n alledaagse verskynsel om kinders in die strate te sien speel of fietsry. Dit skep ‘n atmosfeer eie aan Hartenbos, ‘n gesinsvriendelike plek waar jy kwaliteittyd met jou geliefdes kan deurbring.
Dié omgewing bied ook ‘n hele rits aktiwiteite wat jy oor die hele vakansietydperk kan aanpak. Daar is iets vir ieder en elk, jonk en oud. Van putt-putt, swem en vertonings deur bekende sangers tot die groot versameling stalletjies wat enigiets bied van tradisionele handgemaakte geskenke tot eksotiese parfuums en speserye.
In die omliggende areas sal jy nog doendinge vind wat in almal se smaak val. Dit wissel van staproetes tot sky-diving! Hier sal jy herinneringe maak wat jy vir ewig sal koester. As jy net so tuis wil voel soos by jou eie huis, dan is dit net die plek vir jou.